Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all 141 articles
Browse latest View live

Merke en vlekke

$
0
0

Maak handsakke en leerskoene met suiwer Dettol skoon. Donelle Macbean, Mosselbaai

Om oondvaste glasbakke se brandmerke te verwyder, spuit oven cleaner oor warm glasbak, laat staan ’n rukkie en was af. Alfrieda Cloete, Kleinzee

Verwyder vetkolle op klere met enige haar-shampoo. Smeer shampoo aan en spoel met warm water af. Cecelia Jeftha, Strand


Article 0

$
0
0

Raad om kunstande skoon en kiemvry te hou: Gebruik Sunlight Liquid-opwasmiddel in plek van tandepasta. Probeer dit werk. Joaline Haupt, Belhar

Gebruik Sh’zen-voetpoeier om rou wonde onder die borste en maagrolle weer gesond te kry. Die poeier verlig ook die pyn. Felicia Weitz, Athlone

 

Peste en plae

$
0
0

Vir duiwe en voëls op jou dak, sit rubberslange waar hulle nes maak, dit werk. Maureen Minnie, Uitenhage

Sit ’n bayleaf (lourierblaar) in jou meelblikke en ander houers om miet uit te hou. Leona September, Mosselbaai

’n Las met honde wat jou vullisdrom of -sakke omgooi of skeur of honde wat hul ding kom doen op jou gras? Plaas fyngemaalde motbolle rondom die drom of strooi op gras. Hulle haat die reuk. Anoniem

Jeuk en brand

$
0
0

Vir baba se brandboude: Maak rooibostee sonder suiker en melk en laat dit afkoel. Gooi die tee in ’n kom en sit bababoude daarin. Jy kan dit ook baba se boude daarmee skoonmaak – doop ’n watte in die tee. Dit trek die brand uit. Margie Döman, Garies

Vir hande wat jeuk, maak ’n oplossing van growwesout en warm water. Sit jou hande in die soutwater, droog af en smeer Lennons se rooilaventel aan. Natesha Engelbrecht, Maitland

Wasgoed

$
0
0

Om krae van kledingstukke maklik skoon te kry, smeer haarsjampoe aan en vryf liggies. Was soos gewoonlik. Sjampoe los die liggaamsolie op. Joane Craigton, Port Elizabeth

Ekseem: Gebruik Sunlight-seeppoeier en StaSoft vir die was van klere. Ellmarie de Bruyn, Vereeniging

Om te help dat kleure en patrone van nuwe T-hemde langer hou en nie gou verbleik nie, was die hemp in ’n sterk soutoplossing. Leona September, Mosselbaai

Maak skoon

$
0
0

Vir suede of enige swart skoene kan jy furniture polish i.p.v. shoe polish gebruik. Meliska Josephs, Mitchells Plain

Gooi Maq-waspoeier en water in kastrol en kook vir 10 minute, glo my dit werk, die swartgebrande vlekke is los. Enid, Parow

Gebruik matsjampoe om kolle van matrasse te verwyder. Leona September, Mosselbaai

 

 

Kop en lyf

$
0
0

As jy jou hare relax, meng die relaxer met conditioner. Dit sal verhoed dat jou kopvel brand. Zymmonia Boesak, Ravensmead

Vir geel tande: Maak ’n pasta van koeksoda en waterstofperoksied. Borsel tande daarmee, maar moenie op gums gebruik nie. Dit werk soos ’n bom. Judy, Stellenridge

Wintervoete en -hande: Meng ’n klein bottel Campher cream met 4 Grandpa-poeiers. Maureen, Kraaifontein

Planne met kos

$
0
0

Om seafood paella meer te maak, smoor Hawaiian stirfry van McCain tot halfgaar en smoor dan paella by. Dit lyk aantreklik en smaak heerlik. Daleen Dolmacht, Malmesbury

Vis wat vassit aan braairooster: Spuit die rooster met Spray ’n Cook. Jy sal sien, daar sal nie n stukkie vis aan die rooster sit nie. Jy hoef nie dit in alluminiumfoelie toe te draai nie. C. Joshua

 


Mooi vel

$
0
0

Gebruik Lennon’s se Handyblok vir skurwe hande en voete enook vir gejeuk. Die byewas beskerm die hande. Elizabeth van Rooyen, Middelburg 

Vir puisies in gesig: Maak 1 kamferblokkie fyn en meng met 100 ml pure eau de cologne. Was gesig en smeer dan aan met kapok. Hoef nie af te spoel nie. J. Masters, Ruyterwacht

Reuke

$
0
0
Vir sigaretrookreuk in jou huis: Plaas bruinasyn oornag in ’n klein bakkie waar dit stink. Dit werk baie goed. Dit werk ook vir ander reuke. Eleanor Holbeck, PE  Gebruik koeksoda vir stink voete. Gooi die koeksoda in jou skoene. Maureen … Lees meer

Vullisblik en -sakke

$
0
0
Maaiers in villusdromme: Strooi droë sand reg rondom drom en binne-in die drom. Dit werk vir my. Lisle Nardus, Paarl Sprinkel asyn oor swart vullissakke – nie ’n hond of ’n kat sal weer naby die sak kom nie. Daphné van Ross, … Lees meer

Slim planne

$
0
0

Kook groenertjies met doppe en al, in die kookproses sal die doppe self oopbars. Annitta Pieters, Wartburg 

Om ’n fles of bottel se doppie maklik af te kry, moet jy die doppie in baie warm water doop vir ’n paar sekondes. Draai dan oop. Ann Kondow, Eersterivier

Om sigaretrook uit huis te kry, steek ’n kers aan in die vertrek. Engela Moller, Kuruman

Mooi skoon

$
0
0

Om jou das weer mooi skoon te kry, neem bensien en gooi dit in ’n mayonnaise-bottel. Gooi das daarin en skud goed. Hang op. Dit sal nie ’n reuk afgee nie en die vorm van die das behou. Beverley Human, Port Elizabeth

Vir kolle onder arms: Smeer dik boereseep aan bloese onder arms en laat oornag in warm water week. M. Newman, Bedasdorp

Om ’n besem skoon te hou, gebruik die broekiegedeelte van ’n sykous, druk die besem daarin en haal die sykous net weer af nadat jy klaar gevee is. Die besem is nog steeds skoon. Linette, Atlantis

Kop tot toon

$
0
0

Vir stink voete, week die voete in sterk swart tee vir 15 min. Doen dit vir 10 dae en daarna soos nodig. Christel Botha, Koster

As jy hare kleur, smeer Vaseline onder haarlyn en ore en die haarkleur sal nie die vel kleur nie en maklik afwas. A. Jordaan, Brakpan

Vir vlekke in gesig, gebruik elke dag 100 SPF Photoderm Max Bioderma, te kry by apteek en smeer saans bietjie Bio-Oil aan, dit werk. Beverley Smit, Mosselbaai

Weg met aanpaksel

$
0
0

Om kalk van ketel se element af te kry, gooi ’n halwe koppie witasyn by water tot element toe is en laat dit kook. Die kalk is weg. Spoel uit en gebruik. Geen gevaar van chemicals nie, veral wanneer jy gou weer die ketel moet gebruik. Melanie Afrika, De Aar

Gebruik sterk warm water met Sunliht Liquid en tartaric acid vir al jou koper in die huis en nie Brasso nie. Dit werk. Minnie Dodd, Bloemfontein

 


Onkruid en olie op paving

$
0
0

Vir onkruid op bakstene en tussen-in, gooi witasyn daarop, dit maak die onkruid dood. Helena Viljoen, Boksburg

Om olie van paving af te kry: Gebruik degreaser/engine cleaner. Dit werkook vir taai ou olie op engine en op jou stoof. F. J. Phillips, Odendaalsrus 

Motorolie en ratkasolie kan uitgehaal word met verdunde swembadsuur. Anna Pheiffer, Despatch

Hond wat jeuk

$
0
0

Hond wat jeuk of sy hare verloor (oop haarlose vlekke): Meng Camphor Cream en blom van swael. Smeer gereeld aan. L. Dumbrell, Strand

Vir honde met jeukerige vel: Ek was my honde gereeld met groen Sunlight-seep (die koekie0. E. Brits, Frankfort

Haal dit uit

$
0
0

Gebruik die growwe gedeelte van ’n opwasspons om lint van klere ens. te verwyder. Poppie Fowler, PE

Om urienreuk uit matras te kry, gooi Vodka op, vryf droog. Christel Botha, Koster

Om motorolie van paving af te verwyder, gooi waspoeier net so droog daarop. Trap dit goed vas en los dit. Dit absorbeer die olie. M. De Jager, Bloemfontein

Droë keel

$
0
0

Raad vir droë keel: Meng 2 eetlepels olie, 2 eetlepels asyn en 2 eetlepels suiker saam. Drink 2 eetlepels van die mengsel en weg is die droë keel. Jennifer, Gauteng

Droë keel as jy slaap? Smeer Vicks aan keel voor jy gaan slaap. Esme Joseph, Kraaifontein

Dit stink!

$
0
0

Vir stink voete, week die voete in warm water waarby 1 koppie Vodka gevoeg is. Christel Botha, Koster

Ek het raad vir voete wat stink. Dit werk ook a sreukweerder. Gebruik ’n leë 100 g Mum-potjie, vul dit met zinc-salf en voeg boric acid-poeier en ’n knippie koeksoda by. Meng goed en smeer elke dag aan voete of onder arms. Marie Brits, Pretoria

Vir matte wat sink van diere, gooi koeksoda op en laat vir so 20 minute staan. Stofsuig dit dan. Dit neutraliseer reuke en vat sommer ook kolle weg. S. Jonck, Polokwane

Viewing all 141 articles
Browse latest View live